Clyde Tombaugh

Clyde Tombaugh
Tombaugh op sy familie se plaas met sy tuisgemaakte teleskoop.
Gebore
Clyde William Tombaugh

4 Februarie 1906
Sterf17 Januarie 1997 (op 90)
NasionaliteitVerenigde State van Amerika
BeroepSterrekundige
Bekend virOntdek Pluto

Clyde Tombaugh (4 Februarie 190617 Januarie 1997) was 'n Amerikaanse sterrekundige. Hy is veral bekend vir die ontdekking van die dwergplaneet Pluto in 1930, die eerste voorwerp wat ontdek is in 'n gebied wat later as die Kuiper-gordel geïdentifiseer sou word. Daarnaas het hy ook 14 planetoïede ontdek. Hy het ook ernstige wetenskaplike navorsing oor vreemde vlieënde voorwerp, of VVV's, bepleit.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy